Hoe ek dit onthou Audiobook By Francois van Coke, Annie Klopper cover art

Hoe ek dit onthou

Preview

Audible Standard 30-day free trial

Try Standard free
Select 1 audiobook a month from our entire collection of titles.
Yours as long as you’re a member.
Get unlimited access to bingeable podcasts.
Standard auto renews for $8.99 a month after 30 days. Cancel anytime.

Hoe ek dit onthou

By: Francois van Coke, Annie Klopper
Narrated by: Francois van Coke
Try Standard free

$8.99 a month after 30 days. Cancel anytime.

Buy for $16.43

Buy for $16.43

Francois van Coke span met die skryf van hierdie biografie saam met Annie Klopper om in sy eie stem die gebeure te vertel wat hom as mens en musikant gevorm het. Sy perspektief word gebied op als van Fokofpolisiekar tot Van Coke Kartel, die sukses van “Toe vind ek jou” en sy rol as afrigter op The Voice. Minder bekende en onbekende verhale word ook vertel oor wilde partytjies, vuisgevegte, dwelms, nagte in tronkselle, liefde, soberheid en pa-wees. Dít is sy stories, hoe hý dit onthou.

Please note: This audiobook is in Afrikaans.

©2024 Francois Badenhorst and Annie Klopper (P)2024 Queillerie
Biographies & Memoirs Entertainment & Celebrities
All stars
Most relevant
Hierdie was ’n regte boeiende luisterstuk. Francois se storie, vertel deur sy eie stem, was kragtig en persoonlik. Jy kon die emosies hoor en aanvoel, veral tydens sekere keurpunte in sy lewe en loopbaan. Dit het die ervaring intiem gemaak, asof hy, soos 'n vriend, sy storie met jou deel.

Ek het grootgeword met sy musiek, en alhoewel dit altyd cool en ikonies gevoel het, besef ek nou hoeveel hy en sy bandlede moes deurmaak om dit te skep en vol te hou. Die uitdagings, opofferings en emosionele las agter die skerms gee nuwe betekenis aan die musiek. En tog, ten spyte van alles, het dit gewerk.

Hierdie luisterstuk het my waardering vir Francois, nie net as musikant nie, maar as mens verdiep. Dit is ’n eerlike, rou en menslike kyk na ’n loopbaan wat baie van ons as vanselfsprekend aanvaar het. Vir my is Fokof en Van Coke Kartel (onder andere) deel van my Suid-Afrikaanse kultuur, en ek dra dit op my bors met trots. Hulle impak op Suid-Afrika se musiek- en kultuurlandskap was groot, en ek glo ongetwyfeld dat Francois dit ook weet.

Die luisterstuk herinner mens daaraan dat dinge in die lewe dikwels messy is, partykeer sommer net kak, maar dat dit, meer dikwels as nie, beter raak as jy ouer raak.

Eerlik, rou, menslik

Something went wrong. Please try again in a few minutes.

Huge fan and loved this book! Awesome to hear the behind the scenes stories, also had a good laugh.

Loved it!

Something went wrong. Please try again in a few minutes.

Francois vertel dit soos dit is en gee kleur en konteks aan die Fokofpolisiekar era. 'n Gemaklike en eerlike performance wat die malste, weirdste en beste tye van die grootste revolusie in a afrikaanse musiek dokumenteer. 'n MOET luister vir elke FPK fan!

Mal! Eerlik, candid en verby mal!

Something went wrong. Please try again in a few minutes.

Dit was heerlik nostalgies en insiggewend. Dankie vir jou woorde, jou kuns en jou teenwoordigheid.

Lekker Franna

Something went wrong. Please try again in a few minutes.

Dis lieflik en ek dink my man sien baie uit na die engelse weergawe. Pragtig verwoord natuurlik vol vloekwoordjies soos mens sal verwag. Wens soms daar was selfs meer klank speeling gewees siende laat dit ‘n audiobook is en n musikant dus bietjie meer daarmee kan speel. Pragtig vertel. Bravo!

Great stuff

Something went wrong. Please try again in a few minutes.