Klipkouers Podcast By Jacques Basson cover art

Klipkouers

Klipkouers

By: Jacques Basson
Listen for free

Klipkouers is ‘n Besigheids Podcast/Business Podcast waar Jacques Basson gereeld gesels met Afrikaanse entrepreneurs en impakmakers ten einde praktiese besigheids-en lewensadvies te ontgin. Besoek ons webwerf: www.klipkouers.comJacques Basson Economics Leadership Management Management & Leadership Personal Development Personal Success
Episodes
  • Episode 185: Deon Meyer
    Apr 1 2026

    Hierdie episode is oorspronklik in Maart 2022 op Nostalgooi opgeneem. Ek bring dit nou na Klipkouers, omdat Meyer se storie nie net oor skryf gaan nie. Dit gaan oor deursettingsvermoë, vakmanskap en hoe ’n mens iets wêreldklas uit Suid-Afrikaanse grond bou.

    Nié alleen het hy bykans eiehandig misdaadfiksie in Afrikaans laat herleef sedert 1994 nie, Deon Meyer is ook een van die “Nuwe Suid-Afrika” se bekendste uitvoerprodukte.

    Sedert sy eerste blitsverkoper, Feniks, het daar nog 14 romans uit sy pen verskyn. Sy boeke is in meer as 40 lande gepubliseer en in 27 tale vertaal.

    Meyer se pad na roem was alles behalwe maklik.

    In die genadelose leerskool van joernalistiek, en later as aspirantskrywer, moes hy leer om kritiek, afkeuring en mislukking te vat en aan te hou.

    Selfs kommentaar soos: “Hierdie ou sal nooit kan skryf nie” het hom nie gestop nie.

    Na sy deurbraak met die TV-reeks Orion in 1998 het Deon Meyer nie weer teruggekyk nie.

    Show more Show less
    1 hr and 17 mins
  • Episode 184: David Kramer
    Mar 25 2026

    Hierdie episode is oorspronklik in Februarie 2022 op ’n ander podcast reeks, Nostalgooi, opgeneem het. Ek bring dit nou na Klipkouers, omdat hierdie gesprek met Kramer tydloos is; nie net as kunstenaar nie, maar ook as entrepreneur.

    Benewens die kommersiële sukses wat hy in die vroeë tagtigerjare met supertreffers soos ‘Blokkies Joubert’ behaal het, kan David Kramer met reg as ’n baanbreker van alternatiewe Afrikaanse liriek beskou word.

    Ironies genoeg het Kramer tydens sy universiteitsjare, in die apartheidsera, Afrikaans aanvanklik afgemaak as die taal van die onderdrukker. Met verloop van tyd het hy egter besef dat dit in werklikheid nié bloot die witmens se taal was nie.

    Dit was ook aan die Universiteit van Leeds waar die saadjie van liedjieskryf geplant is; ’n saadjie wat later sou uitgroei tot ’n roemryke loopbaan en bekroonde musiekteaterproduksies saam met wyle Taliep Petersen.

    Vir David Kramer was die belangrikste nog altyd om die Suid-Afrikaanse identiteit te ondersoek en iets eg Suid-Afrikaans te skep.

    Wat ’n bakgat mens.

    Show more Show less
    1 hr and 45 mins
  • Bosoorlog Eps 3: Generaal-majoor Gert Opperman
    Mar 19 2025

    In hierdie besonderse episode van Klipkouers Bosoorlog Stories het ek, Jacques Basson, die voorreg om met generaal-majoor Gert Opperman te gesels, 'n merkwaardige militêre leier met 'n indrukwekkende loopbaan van 33 jaar in die weermag. Bekend as die man wat die Voortrekker Monument gered het, deel Generaal Opperman sy ryk ervarings en insigte oor sy militêre loopbaan, sy tyd as hoof van die monument en die erfenisstigting, asook die aangrypende verhaal van hoe hy die oorskot van soldate uit Angola teruggebring het.

    Vroeë Jare en Militêre Loopbaan Gebore en grootgeword in Johannesburg, hoofsaaklik in Fairland, het generaal Opperman sy skoolopleiding by Hoërskool Linden voltooi voordat hy in 1963 by die weermag aangesluit het. Hy deel sy inspirerende reis van 'n jong seun wat aanvanklik 'n vegvlieënier wou word tot 'n gerespekteerde generaal, en beklemtoon dat sy sukses gebou is op harde werk, deeglike opleiding en wat hy noem "genade bo verdienste."

    Die Ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse Weermag Generaal Opperman bied 'n fassinerende blik op die transformasie van die Suid-Afrikaanse weermag, van 'n instelling met sterk Britse invloed tot 'n meer eiesoortige Suid-Afrikaanse identiteit. Hy bespreek hoe politieke veranderinge, toenemende bedreigings en nuwe uitdagings gelei het tot die instelling van nasionale diensplig, die ontwikkeling van plaaslike militêre doktrine en die uitbouing van die krygstuigbedryf. Die impak van operasies soos Operasie Savanna word ook bespreek, asook die waardevolle lesse wat hierdeur geleer is.

    Leierskap en Opleiding Met diepgaande insigte in militêre leierskap, beklemtoon generaal Opperman die noodsaaklike eienskappe van 'n effektiewe leier: kennis van jou oorsprong en bestemming, die bereidwilligheid om voor te loop en risiko's te neem, en 'n sterk mensgeoriënteerde benadering. Hy bespreek die waarde van die weermag se opleidingstelsel, nie net vir oorlogvoering nie, maar ook vir die ontwikkeling van leiers wat later sleutelposisies in verskillende sektore van die samelewing beklee het.

    Die Voortrekker Monument en Erfenisstigting Een van die mees fassinerende dele van die onderhoud handel oor generaal Opperman se betrokkenheid by die redding van die Voortrekker Monument. Hy vertel hoe hy onverwags die pos as uitvoerende hoof aanvaar het en die uitdagings om die monument te transformeer van 'n "morsdood" instelling met sterk apartheidsassosiasies tot 'n relevante erfenissentrum vir alle Suid-Afrikaners. Die stigting van die Erfenisstigting om ander bedreigde Afrikaner-erfenisplekke te bewaar, word ook bespreek, asook die suksesvolle destigmatisering van die monument wat gelei het tot ondersteuning van die Lottofonds en die regering.

    Die Terugbring van Soldate uit Angola Generaal Opperman deel die aangrypende verhaal van die Ebo-trust en die komplekse proses om die oorskot van Suid-Afrikaanse soldate uit Angola terug te bring. Hierdie emosionele reis van frustrasies en deursettingsvermoë het uiteindelik gelei tot die terugbring van die oorskot van drie van die vier soldate, wat nou in die muur van herinnering by die Voortrekker Monument rus. Hy beklemtoon die belangrikheid van afsluiting vir die families van diegene wat in die buiteland gesterf het.

    Advies vir die Jonger Generasie Met wysheid gebore uit 'n leeftyd van ervarings, bied generaal Opperman waardevolle raad aan die jonger generasie: wees bewus van jou omstandighede, moenie vashaak in die verlede nie, soek geleenthede (selfs oorsee), en wees proaktief. Hy beklemtoon die belangrikheid van 'n sterk kulturele, geloofs- en opleidingsagtergrond, asook die vermoë om dinge gedoen te kry.

    Sy Boek en Nalatenskap Die onderhoud sluit af met 'n bespreking van generaal Opperman se boek, wat sy lewensreis chronologies volg en perspektief bied op die gebeure van sy tyd. Sy doelwit was om sy ervarings eerlik te deel, sonder selfverheerliking, en om die jonger generasie insig te gee in die uitdagings en oorwinnings van 'n belangrike era in Suid-Afrika se geskiedenis.

    Show more Show less
    1 hr and 36 mins
No reviews yet