Die blou van onthou Audiobook By Marita van der Vyver, RSG cover art

Die blou van onthou

Preview

Audible Standard 30-day free trial

Try Standard free
Select 1 audiobook a month from our entire collection of titles.
Yours as long as you’re a member.
Get unlimited access to bingeable podcasts.
Standard auto renews for $8.99 a month after 30 days. Cancel anytime.

Die blou van onthou

By: Marita van der Vyver, RSG
Narrated by: Anna-Mart van der Merwe
Try Standard free

$8.99 a month after 30 days. Cancel anytime.

Buy for $21.85

Buy for $21.85

Hierdie publikasie van Marita van der Vyver is ʼn wydstromende rivier van ʼn roman, ʼn boek wat die leser onderdompel en omrol en maal in sy kolke van stemme en geskiedenis en oeroue hunkerings. Die verhaal word vertel vanuit die perspektief van drie opeenvolgende generasies – drie vroue wat reageer op mekaar en hul tyd. Hulle lewe in spanning, tussen weggaan en moet bly, en tussen vergeet en móét onthou, omdat onthou die enigste skakel is wat hulle nog met die oerbron van hul bestaan verbind. Dié skakel in die verhaal word verskaf deur Colette Cronjé, die oudste van die vroue wat as t' ware na die oorsprong teruggedwing word wanneer sy ʼn brief ontvang van haar lank verlore kleindogter, Tina. Deur dié onverwagse kontak begin Colette onthou, en sy begin vertel, want Tina is op die spoor van die familiegeskiedenis – en onderweg na Portugal, waar alles begin het. ʼn Leeftyd lank het Colette dit reggekry om daardie vroeë episode te verdring. Nou word sy gedwing om dit wat sy destyds so jubelend in haar joernaal beskryf het, opnuut in herinnering te roep. Sy word weer gekonfronteer deur Tina se biologiese ma, háár dogter, se desperate verset teen haar herkoms, haar kultuur, die land se politieke bestel. En dit ruk haar terug na die omstandighede wat haar jare gelede alle kontak met haar kleinkind ontneem het. Wanneer haar ouers kort ná mekaar sterf, spoor Tina haar bejaarde ouma op en laat haar vertel: Van Portugal. Van haar dogter, Nandi, wie se verset so ver gestrek het dat sy haar kind laat aanneem het en alleen oorsee is om te sterf. En die verhaal wat sy hoor, laat Tina besluit om terug te loop op die spore… in die hoop om haar herkoms op sy felste te belig. Die blou van onthou is deels ʼn Afrikanergeskiedenis, deels die geskiedenis van ʼn bepaalde familie. Marita van der Vyver laat jou vir hierdie familie soveel omgee dat hulle geskiedenis ten slotte voel soos jou eie – deur nuwe oë gesien.

Please note: This audiobook is in Afrikaans.

©2012 Marita van der Vyver (P)2015 NB Publishers
Historical Fiction Literary Fiction Fiction Genre Fiction
All stars
Most relevant
ñ Pragtige vertelling deur Anna-Mart van der Merwe van Marita van der Vyfer se boek. Ek het dit werklik baie geniet, en ook ñ paar knop in die keel oomblikke saam met die skrywer beleef.

Almal het àltyd ñ storie, diè verhaal is iets om te beleef. Ek sal graag nóg ñ paar hoofstukke baie waardeer.

Sjoe! My hart!

Something went wrong. Please try again in a few minutes.

Laat jou verlang na dae lank verby, sonder dat ekself daardie dae geken het. Historiese menswees deurweef met hedendaagse uitdagings.

Onbeskryflik!

Something went wrong. Please try again in a few minutes.

Absoluut fantasties!!!!
Jy ervaar jou eie lewe deur die woorde, die rede hoekom trane sommer net so begin loop terwyl ek geluister het. Dankie Marita en Anna-Mart.

Ongelooflik!!!!!!

Something went wrong. Please try again in a few minutes.

'n Aangeypende verhaal waarmee baie kan assosieer. Vervleg met die geskiedenis van Suid-Afrika. Absoluut die moeite werd om te luister.

Boeiend

Something went wrong. Please try again in a few minutes.

Dis ‘n wonderlike boek..... mooi storie met ‘n bevredigende, dog ietwat voorspelbare einde.

AnnaMart lees dit meesterlik voor, sy het eenvoudig al die karakters laat lewe. Ek kon net nie ophou luister nie.

Knap gedaan! Ek het wonderlike herinneringe van ‘n vakansie in Portugal, ongemaklike onthou van die donker geskiedenis van ons land, alles dinge wat die boek toeganklik maak. Maar bowenal, die hoorbeeld........Luisterboeke is nog nuut vir my, veral in Afrikaans, maar ek is nou heeltemaal omgekoop!

Die Blou van Onthou

Something went wrong. Please try again in a few minutes.

See more reviews