Kobra
Failed to add items
Add to Cart failed.
Add to Wish List failed.
Remove from wishlist failed.
Adding to library failed
Follow podcast failed
Unfollow podcast failed
Audible Standard 30-day free trial
Buy for $9.28
-
Narrated by:
-
Nic De Jager
-
By:
-
Deon Meyer
Deon Meyer, die mees gewilde Afrikaanse spanningsverhaalskrywer, se nuwe roman is nou beskikbaar as luisterboek! Die laaste ding wat kaptein Bennie Griessel van die Valke nodig het, is moeilikheid. Want hy suip dalk al weer, hy lieg vir sy kollegas en sy AA-borg, en die intrek by Alexa Barnard was 'n fout. 'n Karnallie van 'n fout. Maar die gastehuis-bloedbad buite Franschhoek was die werk van 'n professionele laksman - drie slagoffers, drie perfekte kopskote. En dis nie net die onverklaarbare gravering van 'n spoegkobra op die koeëldoppies - en die komende mediasirkus - wat Griessel laat bloed sweet nie.Twee van die oorledenes is lenige militêre tipes. Spesmagte. Of Spoke. Moeilikheid. Heel agter, in die hoofslaapkamer, is tekens van 'n gestoei, en te veel bewyse dat iemand ontvoer is. Bes moontlik 'n buitelander. Groter moeilikheid. Maar die paspoort is vals, die Britse konsulaat speel spioenasiespeletjies, en dieselfde huurmoordenaar slaan toe by die Kaapse Waterfront. Boonop neem die staat se duistere Sekuriteitsagentskap die ondersoek oor, en die Valke moet 'n vlugtende, baie vaardige Kaapse sakkeroller dringend opspoor om hul eer - en die demokrasie - te red. Maksimum moeilikheid.
Please note: This audiobook is in Afrikaans.
©2013 Deon Meyer (P)2013 NB PublishersListeners also enjoyed...
Continue the series
Excellent!!
Something went wrong. Please try again in a few minutes.
Fantasties
Something went wrong. Please try again in a few minutes.
Bennie en die span op hulle beste
Something went wrong. Please try again in a few minutes.
Kobra is ‘n boek wat jou op die punt van jou stoel hou tot die laaste bladsy.
Storie uit die boonste rakke
Something went wrong. Please try again in a few minutes.
We just love Deon Meyers books!
Something went wrong. Please try again in a few minutes.